Orange River Lodge

ORANJERIVIER LODGE

Selfsorg akkommodasie by Noordoewer in Namibie



Tel: +27 (0) 21 855 0395
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
PRYS EN BESPREKINGS NAMIBIA AKKOMMODASIE ANDER LODGE
Orange River landscape
 
Orange River Lodge self-catering unit

Oranjerivier Lodge is in Noordoewer geleë. Soos ‘n mens van die naam kan aflei, is die dorp op die Namibiese oewer van die Oranjerivier – die natuurlike grens tussen Namibië en Suid-Afrika.

Die Oranjerivier Lodge bied ‘n verskeidenheid akkommodasie vir moeë reisigers. Vir diegene wat selfsorg verblyf verkies, het die Lodge 4 dubbelkamers. ‘n Bykomende 3 gesinskamers kan elk 4 gaste huisves. Albei kameropsies is en suite en is toegerus met lugversorging, TV en tee-/koffie-stasies.

Beleef ware Namibiese gasvryheid in die grasdak-lapa waar watertandgeregte (a la carte) bedien word, of leer ken mede-gaste beter in die gesellige kroeg.

Alhoewel die Oranjerivier Lodge ‘n ideale oornagpunt tussen Kaapstad en Windhoek is, het hulle ook ‘n reeks aktiwiteite vir gaste wat dalk ‘n bietjie langer wil kuier.

Die Oranjerivier Lodge is op die grens van die Ai-Ais-Richtersveld Oorgrens Bewarea. Die Park is 6 045 km2 groot en strek oor die grens tussen Namibië en Suid-Afrika. Daar is asemrowende vistas van die woestyn en droë vlaktes, asook ‘n yslike verskeidenheid unieke plantspesies.

Die Oranjerivier is die tuiste van ‘n groot aantal visspesies (veral karp, katvis en geelvis), dus kan jy gerus probeer hengel. Jy kan die nodige toerusting by die Oranjerivier Lodge huur.

Jy kan ook ‘n kano huur vir ‘n daguitstappie op die rivier. Hulle kom haal jou by die eindpunt en die terugrit na die Oranjerivier Lodge is by die prys ingesluit.

Ywerige geskiedkundiges kan die plekke besoek waar veldslae gedurende die Nama-rebellie van 1904 tot 1908 plaasgevind het, of die grafte van Duitse soldate wat in Namibië gestasioneer was gedurende die Duitse koloniale bewind.

 

Orange River Lodge  bedroom

 

Jy kan baie maklik in eendag van die Oranjerivier Lodge in Noordoewer tot in Swakopmund, Namibië se gewildste kus bestemming ry. Alte Brucke bied selfsorg akkommodasie gelykstaande aan die Oranjerivier Lodge aan maar as jy iets meer luuks verkies moet jy gerus The Stiltz in die Swakopmund Rivier naby die hoofstrand oorweeg.

As jy Damaraland wil besoek moet jy twee dae toelaat om daar te kom vanaf Oranje Rivier Lodge. In Damaraland beveel ons Twyfelfontein Country Lodge by die Twyfelfontein rotskuns en naby die versteende woud aan. Alternatiewelik kan jy by Ugab Terrace Lodge oos van die Vingerklip rots bly.

Drie dae Noord-Oos van Noordoewer is die Caprivi strook wat nou herdoop is na die Zambezi distrik. Ons beveel aan dat jy twee nagte by Kwando Kamp op die oewers van die Kwando rivier bly

BOTSWANA

As jy vanaf die Wes-Kaap deur Namibie na Botswana reis sal die Oranjerivier Lodge jou eerste betemming wees. Van hier kan jy na Ghanzi in Botswana ry en in die Kalahari Arms Hotel oornag voordat jy na Maun in die suide van die Okavango Delta ry. Dit mag die beste wees om 'n nag in Rileys Hotel op die oewers van die Thamalakane Rivier te bly voordat jy die Okavango Delta aanpak. Onderweg van die Okavango Delta moet jy dit oorweeg om 'n nag of twee by Planet Baobab op die Makgadigadi panne te vertoef. Hul bied aktiwiteite soos Qaud Bikes en sterre safaris aan.

Francistown is 300 km van Planet Baobab. Jy kan akkommodasie by Francistown akkommodasie bespreek waar jy kan kies tussen die Thapama Hotel, Marang Gardens hotel en Woodlands selfsorg akkommodasie

ZIMBABWE

A'Zambezi River lodge op die oewers van die Zambezirivier is 'n paar km stroom op van die Victoria waterval in Zimbabwe. Dit is 'n luukse hotel en drie dae se ry van Noordoewer.